Kies jy die Lam of eerder die wolf in skaapklere?

Die duiwel loop soos ‘n wolf in skaapklere rond …

“Tannie moet Lucifer kyk. Dis ‘n baie goeie storie.”

Ek het amper in my koffie gestik toe ek dit hoor. Die uitnodiging het uit ‘n 14jarige seun se mond gekom.

Ek het myself dom gehou en hom gevra : “Is dit nou daai reeks oor die duiwel wat almal so graag kyk?”

 “Tannie sal van die reeks hou. Hy is eintlik nie so ‘n slegte ou nie. Hy is ‘n goeie ou in die storie.”

“Jy bedoel Lucifer?”

“Ja, tannie.”

Ek het ‘n oomblik na gedink voor ek hom geantwoord het.

“Ek sal dit nooit kyk nie en julle kinders behoort dit ook nie te kyk nie.”

“Maar tannie, mense het ‘n verkeerde idee oor die storie. Dis nie so erg nie.”

“Sê my, hierdie Lucifer-karakter, is sy naam net Lucifer, of is hy regtig die duiwel?”

“Hy is die duiwel tannie.”

Satan doen homself altyd voor as ‘n engel van die lig (2 Korintiërs 11:14) .

Ek kan nie my presiese reaksie onthou nie, maar ek weet ek het aan hom verduidelik dat die duiwel nooit homself voordoen as ‘n vreesaanjaende rooi gedrog met horings en ‘n vurk nie.

Satan doen homself altyd voor as ‘n engel van die lig (2 Korintiërs 11:14) of soos in hierdie gewilde televisie-reeks se geval, ‘n baie aantreklike, aangename ou wat ek eintlik maar net misverstaan word. Die held van die verhaal.

Maar die duiwel is en was nog altyd ‘n leuenaar. In hom is geen waarheid nie. Hy is die vader van leuens. (Johannes 8:44)

Sy eerste leuen aan Adam en Eva was dat hulle aan God ongehoorsaam kan wees en dat hulle nie sal sterf as gevolg van hul rebellie teen Hom nie.

Die duiwel wil jou laat glo dat hy eintlik so skadeloos soos ‘n lammetjie is.

Pasop! Hy kom na jou toe in skaapklere, maar hy is ‘n verskeurende wolf. (Matteus 7:15)

Maak vir my die deur oop Christen-kindjie, ek is ‘n goeie ou. Maar eintlik loop hy rond soos ‘n brullende leeu, opsoek na iemand om te verslind (1 Petrus 5: 8).

Wanneer daai deur vir hom oopgemaak word, sal hy summier inkom en jou gulsig opvreet.

Moenie toelaat dat die bose magte in hierdie donker wêreld jou mislei nie. Jy moet ‘n besluit maak. Jy is óf vir Christus, óf teen Christus. Daar is nie ‘n tussen-in nie. Die draadsitters, die mense wat nog nie ‘n besluit gemaak het nie, behoort aan satan.

Moenie deur vals profete en die vyand se vals lig geflous word nie.

“Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.” Effesiers 6:12

Daar is net een ware lig, die seun van God. Daar is net een ware lam – die lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem.  Sy naam is Jesus.

Daar is net een ware lam – die lam van God. Hy neem die sondes van die wêreld weg.  Sy naam is Jesus.

“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Johannes 14:6

“In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar hulle is uit God gebore. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” Johannes 1:4-5, 9-14

“En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.” Johannes 3:19

Ek het myself voorheen ‘n Christen genoem, maar ek het films gekyk, boeke gelees en opinies aangehang wat duidelik nie van God af kom nie.

Eers verlede jaar het ek regtig ‘n besluit vir Jesus gemaak. Ek het ook besluit om die wêreld heeltemal te verwerp, want die wêreld is teen Christus. ‘n Anti-Chris-gees heers in die wêreld en as jy ‘n vriend van die wêreld wil wees, maak jy jouself ‘n vyand van God. (Jakobus 4:4-7).

Die koning van hierdie wereld is die duiwel, maar hy is klaar deur God geoordeel. (Johannes 16:10).

Net Jesus kan jou uit hierdie bose wêreld en uit die kloue van sy heerser red.

In Johannes 16 beloof Jesus dat wanneer ons aan Hom behoort, ons vrede in Hom in hierdie bose wêreld sal vind. Hy waarborg ons ook dat sy kinders in hierdie wêreld sal swaarkry oor ons geloof en verstoot sal word. Maar Hy wil egter hê ons moet moed hou, want Hy het die wêreld en die vyand reeds oorwin.  

Kies Jesus vandag. Die wêreld en sy weë lei na die ewige dood. In Jesus alleen sal jy oorvloedige lewe vind – nou en vir altyd.

Moenie sê jy is ‘n Christen,  maar jy doop jou toontjies in die duiwel se aanloklike louwarm water nie. God sê Hy sal die louwarm Christene uit sy mond spuug. (Openbaring 3:15-16)

En hoe onderskei ‘n mens tussen die dinge van Christus en die dinge wêreld? Lees God se woord en laat toe dat die Heilige Gees jou lei.

If God is not in it, you shouldn’t want it!

Jesus het jou innig lief en wil nie hê jy moet verlore gaan nie.

Lees God se woord en laat toe dat die Heilige Gees jou lei.
Standard

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s