Kokkedore se Karoo Kambro bring onthoukos terug

Karoo Kambro

 

Almal het die Kokkedoorfoto’s wat ek by Lekka-by-die-See geneem het, só geniet dat ek besluit het om dié Karoo Kambro-ete wat my kollega op kamera vasgelê het, ook met julle te deel:

Karoo Kambro, is die breinkind van Kokkedoor-deelnemers Jo Fritz en Arthur Wildskut. Hulle wil onthoukos van die Karoo en die Hantam tot sy reg bring.
Met die hulp van hul mede-Kokkedore, Lorraine Swanepoel, Cindy Menigo en Ronel Theron, het Karoo Kambro, onder meer, kerrie-afval, blatjang-hoender, pampoenkoekies, wildspastei en die allerheerlikste skilpadjies voorgesit in die vorm van ’n buffet-ete aan by Juffroushoogte in Vredenburg voorgesit.
Tussendeur die geëtery was daar ook tyd vir die Sitstappers, ’n bekroonde rieldansgroep van Calvinia, om die gaste te vermaak met hul passies.
Ná die hoofgereg is ’n gelukkige trekking gehou waar gaste onder meer wyn van Oranje Rivier-wynkelder en ’n naweek weg by Jo se gastehuis in Calvinia gewen het.
Die aand is afgesluit met die allerlekkerste nagereg, ’n sjokolade-malvapoeding met koffie-vla. Karoo Kambro is op pad na groot hoogtes. Kyk uit vir hulle in jóú dorp! – Dawie Boonzaaier.
IMG_3886 IMG_4014 IMG_4000 IMG_3977 IMG_3966 IMG_3934 Karoo Kambro IMG_3886 IMG_3885 IMG_3899 IMG_3960 IMG_3940 IMG_4018 IMG_4014 Karoo Kambro
Standard